Owerhede bestudeer uitspraak oor asemtoetser
2011-09-12 16:06
Kaapstad – Verkeerswoerhede landswyd bestudeer die uitspraak oor die betroubaarheid van die Dräger-asemtoetser
Regter Nathan Erasmus het Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof beslis dat die toestel volgens die hof se spesifikasies aangepas moet word.
Die gebruik van die toestel in die Wes-Kaap is intussen gestaak en alle aanklagte van dronkbestuur wat slegs op die uitslae van dié toestel staatmaak, is van die hofrol geskrap.
Totdat die Dräger-asemtoetser aangepas is, sal die provinsie van bloedtoetse gebruik maak wanneer hulle dronkbestuurders in hegtenis neem.
Ander provinsies het besluit om die uitspraak te bestudeer om vas te stel wat die volgende stap sal wees.
Adv. Chris de Klerk, adjunk-direkteur van openbare vervolging in die Oos-Kaap, het gesê hulle het nog geen besluite oor die beleid geneem nie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter