Oupa verkrag glo kleinseun
2009-09-17 22:20
Johannesburg - 'n 61-jarige man van Kempton Park is in hegtenis geneem nadat hy glo sy kleinseun verkrag het.
Kapt. Jethro Mtshali, 'n polisiewoordvoerder, het gesê die man het glo die seuntjie forseer om aan sy geslagsdele te vat, te lek en saam met hom na pornografiese materiaal te kyk.
Hy het glo ook op verskeie geleenthede anale seks met die seun gehad.
Die seun kon dit nie meer verduur nie, en het sy ma vertel. Hy ontvang traumabehandeling.
"'n Dokter het seksuele molestering bevestig en die man is omstreeks 13:00 in Glen Marais in hegtenis geneem," het Mtshali gesê.
Die man sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.
– Sapa