Ouma wen R1,2 miljoen by casino

2010-10-20 08:38
Tweets Share Share line Print

Welkom - ’n Bejaarde weduwee wat sonder inkomste vir haar vyf kleinkinders sorg, is die grootste wenner wat die Goldfields-casino in Welkom sover opgelewer het.

Die casino se progressiewe boerpot het verlede Vrydag meer as R1,2miljoen aan haar uitbetaal.

Die Vrystaatse vrou (68) wat nie geïdentifiseer wil word nie, het geen benul gehad wat gebeur toe sy die boerpot wen nie. Eers toe personeel van die casino haar kom haal het tussen die skare mense wat om haar begin saamdrom het, het sy besef dat sy iets gewen het. Sy het aanvanklik nie besef hoe groot die boerpot was nie. Sy het net R40 gebruik om mee te dobbel.

“Ek is baie bly en kan nie glo wat God vir my gedoen het nie,” sê sy.

Sharika Betts, woordvoerder, sê dit is die grootste uitbetaling nog by die casino sedert dit in 2003 geopen het. Die vorige groot uitbetaling was R269000.

Die progressiewe boerpot het die afgelope vier jaar klein bedrae uitbetaal, maar die vrou was gelukkig, omdat sy gespeel het met die volle nege muntstukke wat die dobbelmasjien vereis.

Betts sê die bestuur van die casino het finansiële adviseurs aan die vrou beskikbaar gestel, maar dit bly haar keuse wat sy met haar wengeld gaan doen.

Die vrou, wat nie Afrikaans of Engels kan praat nie, het in Sotho aan Anastacia Khetsi van Volksblad se gemeenskapskoerant Vista gesê dit was maar die vyfde keer dat sy haar geld by die casino waag en sy gebruik nooit groot bedrae geld daarvoor nie.

Sy is die ma van ses dogters, van wie twee reeds dood is. Sy sorg vir die twee oorlede dogters se vyf kinders wat tussen 9 en 17 jaar oud en nog op skool is.

Sy is ongelooflik bly oor die wengeld en gaan dit gebruik om haar beskeie huis mee op te knap en om toe te sien dat haar vyf kleinkinders die geleentheid tot geletterdheid het.

Haar man is verlede jaar dood en sy help deeltyds met administrasie by ’n begrafnisonderneming in die woonbuurt waar sy bly, maar sy word glad nie daarvoor betaal nie.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.