Ouma hang haar ná moord op twee

2011-06-15 07:07
Tweets Share Share line Print

Pretoria – ’n Ouma van Centurion wat glo haar seun doodgeskiet en haar 16 maande oue kleinseun versmoor het, het haarself opgehang nadat die polisie haar “verloor” het.

Die polisie kon Caryallan Irene Anagnostatos (51) nie opspoor nie nadat sy van een hospitaal na die volgende rondgeskuif is.

Beeld het op 20 April berig oor die voorval waarin Anagnostatos vermoedelik haar polse gesny en haarself bo die bad probeer ophang het nadat haar seun en kleinseun dood is.

Anagnostatos is nooit in verband met haar seun, Steven Bill Anagnostatos (29), en haar kleinseun, Santino Anagnostatos (16 maande), se dood in hegtenis geneem nie.

’n Veiligheidswag van die Valley View-spogkompleks in Kosmosdal by Samrand het op 19 April op dié grusame toneel in me. Anagnostatos se huis in Pimpinellasingel afgekom.

Me. Anagnostatos was ’n lid van die beheerraad van dié spogkompleks oorkant die Blue Valley-gholflandgoed.

Mnr. Anagnostatos is dood in sy bed gevind. Hy is in die kop geskiet.

Santino het nog in sy stootwaentjie gelê en is versmoor.

Die stootwaentjie het in die gang naby die badkamer gestaan waar me. Anagnostatos in die bad haar polse gesny en haarself probeer hang het.

Die veiligheidswag het haar lewe gered.

Kapt. Agnes Huma, polisiewoordvoerder, het gister gesê me. Anagnostatos is, nog voordat die polisie op die toneel gekom het, per helikopter na die Unitas-hospitaal in Centurion geneem.

“Die polisie het haar na die Unitas-hospitaal gevolg, maar hulle kon haar nie by die hospitaal kry nie,” het Huma gesê.

“Sy is na bewering na die Kala­fong-hospitaal (in Atteridgeville, wes van Pretoria) oorgeplaas.

“Die polisie kon haar daar ook nie kry nie. Hulle is toe na die Tshwane-distrikshospitaal waar hulle uitgevind het dat sy ontslaan is.

“Die polisie het inligting opgevolg oor waar die vrou kan wees.

“Hulle het toe uitgevind sy het haarself by ’n vriend se huis in Glenhazel, Sandringham in die noorde van Johannesburg, gehang.”

Dit is nie bekend presies wanneer me. Anagnostatos selfmoord gepleeg het nie.

Huma het gesê die saak is nie gesluit nie en daar word steeds ondersoeke, onder meer moord en ’n geregtelike doodsondersoek, gedoen.

Volg Nuus24 op Twitter 

- Beeld

Lees meer oor: moorde  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.