Ouers wat tug, is nié boewe, sê die AGS

2012-02-03 09:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die gedagte dat die regering ouers wat hul kinders ’n pak slae gee tot misdadigers verklaar, is belaglik en rampspoedig, sê die Apostoliese Geloof-sending (AGS).

Dr. Isak Burger, president van dié kerk, sê in ’n verklaring hulle erken dat daar onverantwoordelike ouers is wie se metodes om hul kinders tuis te dissiplineer op mishandeling neerkom.

Dis egter onwaarskynlik dat sulke ouers deur so ’n stap afgeskrik sal word.

Verder bevat die Bybel talle voorskrifte oor die belangrikheid van billike en liefdevolle dissipline. Daar word trouens gewaarsku dat dit vir kinders rampspoedig kan wees as ouers nalaat om dit te doen.

Burger sê daar is ’n reuse-verskil tussen ouerlike dissipline en kindermishandeling. Om ouers wat hul plig nakom deur hul kinders te dissiplineer tot misdadigers te verklaar, is verregaande.

Dr. Gustav Claassen, moderator van die NG Kerk se Noordelike sinode, het by navraag gesê dié kerk het nie sinodebesluite oor die saak nie.

Hy dink egter ’n mens moet mooi kyk na wat straf of tug in die Bybel beteken het en of dit noodwendig neerkom op lyfstraf.

Dis maklik om Bybeltekste aan te haal, maar ’n mens kan nie sommer ’n is-gelyk-aan-teken plaas tussen destyds en nou nie.

Persoonlik is hy nie ten gunste van lyfstraf nie.

Ds. Cassie Aucamp, predikant van die Gereformeerde kerke Bergsig en Andeon, sê in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika is daar ook nie ’n sinodebesluit nie, maar die gangbare standpunt by hulle is dat ’n pak slae op sy tyd reg is.

Dit moet egter binne perke en met matigheid gebeur en met billikheid en liefde gedoen word.

Van die Bybeltekste wat in dié gesprek ter sprake kom, is Spreuke 13:24 (Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is) en Spreuke 29:15 (’n Pak slae en teregwysing bring wysheid; ’n kind wat sonder dissipline grootword, steek sy moeder in die skande).

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: ags  |  lyfstraf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
49 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Mnr sê... Zum, Zum, Zum is die bielie van die Bosveld. Zum, Zum, Zum die Bosveld Bul! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.