Ouers verkrag, moor glo kind
2011-05-24 18:58
Kaapstad - Die ouers van ‘n vermoorde en verkragte tweejarige meisie is in hegtenis geneem in Mfuleni, het die Wes-Kaapse polisie Dinsdag gesê.
Volgens ao. November Filander, woordvoerder, is die 36-jarige ma en die 45-jarige pa, van Happy Valley, Maandag in hegtenis geneem en van verkraging en moord aangekla.
Hulle verskyn Woensdag in die Blue Downs-landdroshof.
Die polisie het die peuter se lykie in Novermber 2010 tussen die bosse naby haar huis gevind.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA