Ouers snak oor gelde

2011-11-30 09:05
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Selfs ouers wat ’n gesamentlike bruto-inkomste van tot soveel as R630 000 per jaar verdien, kom in aanmerking vir afslag op skoolgeld in openbare skole wat van die duurste in die land is.

Die styging van skoolgelde wat volgende jaar gemiddeld 10% of hoër is, het sommige ouers gister ontstig.

’n Paar ouers wat meen hulle kan nie die buitensporige hoë skoolgelde bekostig nie, het gesê dié tendens sal nie uitgeroei word solank skole teen mekaar meeding en wil kyk wie die meeste sportakademies, beste afrigters en geriewe kan hê nie.

Beeld het Dinsdag verwys na skole waarvan die skoolgelde baie hoër is as die nasionale gemiddeld van R5 000 per jaar per kind.

In ’n ontleding wat gedoen is volgens die regulasies vir skoolgeld-kwytskelding is bevind ouers met ’n gesamentlike inkomste van R500 000 per jaar is geregtig op 3,16%-afslag op skoolgelde van R15 800 per jaar.

Dit is R499,28. Die ouers van ’n kind in ’n skool wat R19 500 skoolgeld per jaar vra, kan R760,50-afslag kry. Ouers wat R630 000 per jaar verdien, kan in die eerste skool se geval R396,25 se afslag kry en in die tweede R603,57. (Sien hiernaas hoe die formule werk.) ’n Ouer van ’n gegoede skool in Pretoria wat anoniem wil bly, het gesê baie ouers is onbewus dat hulle in aanmerking kom vir skoolgeld-kwytskelding en doen hulself en hul kinders ’n onreg aan in ’n poging om die hele bedrag te betaal.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het gesê ouers kan nie oor skoolgelde kla nie omdat hulle dit self bepaal. Hy het gesê ouers moet die jaarvergadering bywoon en beswaar aanteken teen items wat hulle meen onnodig voor begroot word.

Colditz meen ’n situasie van “trying to keep up with the Joneses” onder sekere ouers lei daartoe dat hulle vergeet dat alles wat hulle begroot uit die skoolgeld betaal moet word.

Dr. Elda de Waal, ’n onderwyskenner verbonde aan die Noordwes-Universiteit, meen skole moet kinders uitdaag om hul potensiaal te ontwikkel. “Die probleem is dat sommige skole perspektief verloor oor tot op watter vlak hulle moet gaan om kinders uit te daag.

“ ’n Rolls-Royce is nie altyd nodig om ’n doelwit te bereik nie. Iets is ernstig in openbare skole verkeerd as dit nie langer meer oor die gemiddelde kind met die gemiddelde ouers gaan nie. Dan het ons die hele punt van openbare onderwys gemis.

“Ons moet steeds onthou hoe Suid-Afrika lyk en dat openbare skole ruimte vir ander kinders moet maak,” meen sy.

Graeme Bloch, onderwysontleder, meen hoe meer geleenthede daar vir kinders is, hoe beter.

Hy glo nie ’n skool moet sy begroting sny as hy ’n Astro-baan kan bekostig nie. “Ons moet liewer poog om meer kinders geleenthede en toegang tot sulke geriewe te gee.”

– Volg Nuus24 op Twitter


- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.