Ouers skuldig ná hulle dogters uitverhuur
2011-11-28 14:16
Pretoria – 'n Pretoriase ouerpaar is Maandag skuldig bevind aan verskeie aanklagte nadat vroeër onder meer getuig is dat hulle hul jong dogtertjies vir seks uitverhuur het, berig Beeld.
Die ma is skuldig bevind aan medepligtigheid tot verkragting, medepligtigheid tot onsedelike aanranding en sy is skuldig aan onsedelike aanranding en kindermishandeling.
Die pa is skuldig bevind aan kindermishandeling, aanranding en onsedelike aanranding.
Die ma het by 'n vorige hofverskyning getuig sy het nie haar twee dogtertjies vir seks verhuur of toegelaat dat mans hulle misbruik nie.
Sy het geen idee hoekom hulle “sulke dinge” sou vertel nie.
Die ma en pa het vroeër skuld ontken op 12 aanklagte van medepligtigheid aan seksuele aanranding, asook op aanklagte van medepligtigheid aan verkragting, aanranding en die seksuele uitbuiting van hul dogters.
Die pa het op die mat geürineer en ontlas en sy dogters gedwing om dit skoon te maak, is vroeër getuig.
Hoewel die gesin se laaste adres in Mountain View, Pretoria, was, het die voorvalle van Januarie 2005 tot Desember 2007 op verskeie plekke gebeur omdat hulle baie getrek het. Die sussies was toe onderskeidelik vyf en drie jaar oud.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Beeld