Oue vermoor: Wag vas

2010-06-04 11:15
Tweets Share Share line Print

Beeld

Een van die aanvallers van ’n bejaarde Duitse vrou wat verlede week in haar huis in ’n veiligheidskompleks in Silverton, Pretoria, vermoor is, is glo ’n veiligheidswag wat die kompleks moes bewaak.

Maria Wiing, wat in die 70 was, is verwurg. Sy het alleen gewoon. Haar lyk is Vrydag deur inwoners van die kompleks gevind.

Ses mense is in verband met die moord aangekeer.

Ao. Mike Mbewe, polisiewoordvoerder, het gesê dit is onduidelik wanneer Wiing vermoor is.

Die polisie het onmiddellik na leidrade begin kyk en Woensdag in die vroeë oggendure op ’n huis in Motetema in Limpopo toegeslaan. Wiing se voertuig is hier gekry.

“Van daar af het die polisie verdere leidrade opgevolg tot by ’n huis in Denilton in Mpumalanga waar hulle drie verdagtes gearresteer het,” het Mbewe gesê.

Die polisie het toe teruggery na ’n huis in Mamelodi, Pretoria, waar hulle die wag wat by die kompleks gewerk het, aangekeer het.

Nóg twee mense is in Mamelodi by ’n ander huis gearresteer in verband met Wiing se moord.

Mbewe het gesê die polisie het by al die huise waar mense in hegtenis geneem is, van die slagoffer se besittings gekry. Dit is gekonfiskeer.

Die polisie het ook op ’n gesteelde polisievuurwapen beslag gelê. Die wapen se reeksnommer is afgevyl.

Die aangekeerdes is tussen 25 en 30 jaar oud. Hulle verskyn binnekort in die hof.

Mbewe het die polisielede geloof vir hul vinnige optrede en gesê misdadigers sal uitgesnuffel word, ongeag waar hulle wegkruip.

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Mnr sê... Zum, Zum, Zum is die bielie van die Bosveld. Zum, Zum, Zum die Bosveld Bul! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.