Oudste verkragsaak hervat

2011-03-07 08:45
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die oudste verkragtingsaak, sover bekend, in die land se regsgeskiedenis begin Maandag in die streekhof in Kimberley.

Die beweerde verkragting het reeds meer as 42 jaar gelede plaasgevind.

Die klaagster, PB van Pretoria, mag nie verder geïdentifiseer word nie. Sy is nou 56 jaar oud en was 13 toe sy na bewering deur PE, ’n vriend van haar ouers, verkrag is.

PE mag ook ingevolge die Strafproseswet nie geïdentifiseer word voordat hy gepleit het nie. Hy is nou 74 jaar oud en ’n bekende sakeman van Kimberley.

Volgens vroeëre hofstukke het PB dekades lank oor die verkragting geswyg, totdat sy self enkele jare gelede in die tronk beland het. Dáár het sielkundiges haar die eerste keer ingelig dat sy steeds deur die beweerde verkragting getraumatiseer word en het sy besluit om ’n klag teen PE in te dien.

Daar het egter ’n steil pad op haar gewag. Die Nasionale Vervolgingsgesag het geweier om te vervolg omdat die saak so oud is. Sy het toe in die Noord-Kaapse hooggeregshof aansoek gedoen om magtiging om ’n private vervolging in te stel.

Dit is geweier, onder meer omdat PE se betoog aanvaar is dat van sy getuies al dood is en dokumente vir sy verweer nie meer beskikbaar is nie.

PB het haar egter steeds nie laat keer nie en is op appèl grondwethof toe. In Oktober 2009 het die 11 regters van dié hof beslis dat sy mag voortgaan om haar klagte in ’n strafhof te laat bereg.

Oudregter Albie Sachs het onder meer gesê dit is ’n saak wat diep wonde kan veroorsaak, eerstens omdat PB weer al die angs van die voorval sal moet deurmaak as sy die waarheid praat – of andersyds omdat ’n bejaarde man dalk verniet deur die trauma van ’n verkragtingverhoor sal moet worstel.

“Die reg moet egter toegelaat word om sy gang te gaan.”

Verkragting is een van net ’n handjievol misdade in Suid-Afrika wat nooit verjaar nie. Alle ander misdade verjaar ná 20 jaar.

P. Groenewaldt, PB se regsverteenwoordiger, het Sondag bevestig dat die verhoor Maandag begin.

- Volksblad

Lees meer oor: hof  |  verkragtings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.