Oudrugbyspeler en neef brand dood

2010-02-02 07:41
Tweets Share Share line Print

Jackie Kruger

George - “Danny-boy! O Here, Ivor...”

Dié noodkreet het gister in die vroeë oggendure deur Pacaltsdorp se strate weerklink toe ’n oudrugbyspeler van die Evergreensklub, Errol Scheepers (41), en sy neef, Ivor Londen (40), ’n vlammedood gesterf het.

Die twee mans het doodgebrand nadat drie houthuise wat langs mekaar was, hier vlamgevat het.

Londen se vriendin, Linda Stuurman (26), en Michelle Simon (26) wat saam met Scheepers was, is betyds deur Londen se jonger broer, Denver, uit die vlamme gered.

Denver en sy vriendin, Verona Botha, was in die derde houthuis toe die brand omstreeks 01:30 uitgebreek het. Botha het Denver wakker gemaak toe sy Stuurman hoor gil het.

Volgens Denver was die deur van sy broer se huis van buite gesluit en moes hy dit oopskop. Hy het Stuurman en Simon, wat in die tweede huis was, na buite gedra en wou teruggaan om sy broer en neef te red, maar die brand was reeds te erg.

Volgens Londen se ma, Joanna, wat in ’n vierde huis op die perseel woon, was alles binne enkele minute verby.

’n Buurvrou het die brandweer gebel, maar al drie huise was met hul aankoms reeds byna afgebrand.

Volgens ’n familielid van Simon, die Suid-Kaapse gospelsang­er Gregory Noble, is Simon en Stuurman met graad 3-brandwonde na die George-hospitaal gebring en albei is gisteroggend vroeg geopereer.

Scheepers se ma, Maria Londen (haar getroude van), het gesê dit is die tweede tragedie wat die gesin tref.

Haar jongste seun, Roderick, is in 1996 op pad van ’n biduur met ’n mes doodgesteek. Sy moordenaar is nooit aangekeer nie.

Volgens ’n neef, Andre Scheepers, was Errol ’n kranige sportman wat veral in rugby uitgeblink het.

“Hy het vroeër as senter en heelagter vir Evergreens uitgedraf en het talle toekennings as die belowendste rugbyspeler verower.”

Malcolm Pojie, het gister gesê geen misdaad word vermoed nie, hoewel die moontlikheid van brandstigting nie uitgesluit word nie. ’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen. Geen begrafnisreëlings is nog bekend nie.

- Die Burger

Lees meer oor: brande

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Wessel come to think of it, ek hoop daai baba kry darem so ietsie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2007
R 129,995.00

NISSAN

Hardbody 3200 D-Cab SE Dsl
2003
R 101,400.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.