Oudpolisielid vas met onwettige wapens

2011-01-15 10:19
Tweets Share Share line Print

Brig. Jack Roux gister by sy huis in Moreletapark, Pretoria, waar hy gearresteer is nadat die polisie op 31 vuurwapens in die huis afgekom het. (Alet Pretorius, Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die polisie het gister op die huis van ’n oudbrigadier in die polisie toegeslaan en beslag gelê op 31 vuurwapens en duisende patrone wat volgens genl. Bheki Cele, polisiehoof, “soos hoenders in die huis rondlê”.

“Ek het die eienaar gevra waar is die oorlog. Toe sê hy daar is nie ’n oorlog nie,” het Cele op die toneel gesê.

Die polisie het omstreeks 09:45 by die huis van oudbrig. Jack Roux in ’n kompleks in Heskethrylaan in Moreletapark, Pretoria, toegeslaan. Die hele kompleks behoort glo aan Roux.

Daar is ook beslag gelê op twee polisiedossiere – een oor ’n ontsnappingsaak en die ander oor die arrestasie van onwettige immigrante.

Cele het gesê die polisie sal kyk of Roux en sy wapens nie dalk met die onwettige jag van renosters verbind kan word nie.

Roux was voorheen verbonde aan die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad en het in 2003 afgetree. Hy is glo deesdae ’n beroeps- en sportjagter.

Cele het gesê Roux het wel vir 27 van die wapens lisensies. “Daar sal streng gekyk moet word na die wet – veral in die lig daarvan dat een persoon soveel lisensies het.”

Roux self het gesê hy het 36 wapens. Die polisie het gister egter net 31 gekry. “Die eienaar het gesê vyf van sy wapens is vermis,” het Cele gesê.

Een van die vyf vermiste vuurwapens moes volgens die polisie se inligting al vernietig gewees het, het Cele gesê.

Die polisie het onder meer beslag gelê op jaggewere, ’n 9 mm-pistool, ’n .44 Magnum-rewolwer, ’n 300 Winchester-pistool, ’n 227 Bruno-geweer, ’n Mauser en duisende patrone.

“Dié is nie ’n huis nie, dit is ’n weermagbasis. Die wapens lê soos hoenders in die huis rond. Die ammunisie het ook oral rondgelê,” het Cele gesê.

“Ek kan my net indink wat sou gebeur as iemand hier moes inbreek en die wapens en ammunisie gesteel het.”

Volgens Cele is gister se vonds gedoen nadat misdaadintelligensie-eenhede van Gauteng en Limpopo saamgewerk het. Weens Limpopo se deelname aan die ondersoek sal ’n moontlike betrokkenheid by renosterjag ondersoek word.

Oor die dossiere het Cele gesê die polisie gaan die sake weer ondersoek om agter die kap van die byl te kom.

Roux word by die Garsfontein-polisiekantoor aangehou op klagte van onder meer die onwettige besit van vuurwapens, polisie-eiendom en berging van vuurwapens.

- Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  wapens

Lewer kommentaar op hierdie artikel
55 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.