Oudpolisiehoof skuldig ná hy Yengeni help
2009-11-30 11:26
Kaapstad - Die oudpolisiehoof van Goodwood, sr.supt. Siphiwo Hewana is skuldig bevind op aanklag van poging tot regsverydeling.
Hewana het Maandag in die Parow-streekhof voor landdros Elsa van Zyl verskyn.
Hy is onskuldig bevind op aanklagte van aanhitsing om meineed te pleeg en oortreding van die Polisiewet.
Dié verhoor hou verband met Tony Yengeni, voormalige hoofsweep van die ANC, se inhegtenisname in November 2007 op aanklag van dronkbestuur.
Om Yengeni te beskerm het Hewana die twee polisiemanne wat Yengeni in hegtenis geneem het, beveel om die tyd van sy inhegtenisname na 21:00 daardie aand te verander.
Yengeni vrygelaat op parool en was nie veronderstel om voor 21:00 uit te wees nie.
Die saak duur voort met vonnisoplegging.
– Sapa