Oudonderwyser erken seksdade met minderjariges

2010-08-05 10:01
Tweets Share Share line Print

Die Burger

George - ’n Oudonderwyser van dié dorp is Woensdag skuldig bevind daaraan dat hy seksuele dade met twee minderjarige seuns gepleeg het.

Hein Robertson (49), voorheen ’n onderwyser by ’n laerskool in George, was besig om ’n vonnis van drie jaar korrektiewe toesig uit te dien vir onsedelike aanranding en seksuele misdrywe toe hy hom tussen Desember 2008 en Mei 2009 weer skuldig gemaak het aan soortgelyke oortredings.

Robertson het ’n skriftelike skulderkenning gedoen op 29 aanklagte wat verband hou met die wet op seksuele misdrywe. Die bekentenis is Woensdag in die streekhof deur sy regsverteenwoordiger, Trevor Claassen, voorgelees. Die betrokke seuns was destyds onderskeidelik 15 en 17 jaar oud.

Luidens Robertson se bekentenis het hy die 17-jarige seun onder meer geld gegee vir seks, sy boude en geslagsdeel betas, ’n pornografiese DVD aan hom gewys en op ’n keer seks met hom gehad in ’n bos naby ’n vulstasie in George.

By een geleentheid het Robertson albei seuns opdrag gegee om mekaar seksueel te betas terwyl hy langs hulle gelê en masturbeer het.

Robertson het aan streeklanddros Marius Fourie gesê die inhoud van die skulderkenning is korrek en dat die bekentenis vrywillig gedoen is. In die verduideliking het Robertson erken dat wat hy gedoen het, verkeerd was.

Die slagoffers se ouers was nie Woensdag in die hof teenwoordig nie. Die seuns se getuienis is vroeër in camera aangehoor.

Robertson het in 2007 skuld beken op die vorige aanklagte van onsedelike aanranding van 12-jarige seuns van die laerskool hier waar hy ’n onderwyser en hokkie-afrigter was.

Hy is in 2007 gevonnis tot 18 maande tronkstraf, waarteen hy suksesvol appèl aangeteken het.

Hy is vir drie jaar onder korrektiewe toesig geplaas, waarvan nog sowat ’n jaar oorgebly het toe hy weer in hegtenis geneem is.

Fourie het die saak tot 19 Augustus uitgestel sodat die verdediging sekere verslae van die staatsaanklaer, Hankie Marx, kan bekom voordat Robertson gevonnis word. Die staat en die verdediging het hul saak afgesluit. Robertson is sedert Mei verlede jaar in aanhouding. 

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: seksuele mishandeling  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.