Oud-politikus, vrou aangeval

2010-08-30 07:17
Tweets Share Share line Print

Bethlehem –  ’n Bekende oudpolitikus en boer en sy vrou is gisteroggend ná kerk op hul plaas naby Meets in dié omgewing aangeval.

Dirk Odendaal (80) en sy vrou, Tossie (79), van die plaas Verdun is albei in die Hoogland-Medi-Clinic opgeneem nadat hulle deur drie mans met klapmusse buite hul huis ingewag is.

Odendaal is erg met ’n breekyster aangerand en sy vrou is pimpel en pers geslaan. Haar neus is gebreek. Die rowers het haar oorbelle van haar ore geruk.

Rianza van Huyssteen, die egpaar se dogter, sê die mans het eers haar ma gedwing om die huis oop te sluit.

“Een het haar met die brood wat hulle ná kerk gekoop het, deur die gesig geslaan sodat sy oor ’n muurtjie geval het. ’n Mes is ook teen haar keel gedruk.”

Odendaal, wat haar hoor skree en nadergekom het, is daarna ook oorval en met die breekyster geslaan.

Sy been is erg beseer.

Die verdagtes het hom gedwing om ’n kluis in die huis oop te sluit. Die mans het ’n 6.35-pistool uit die kluis geneem. Daar was nie geld in die kluis nie.

Hulle het Odendaal egter geslaan totdat hy al die geld in die huis, sowat R6 000, aan hulle gegee het.

Die verdagtes het die egpaar daarna in die koelkamer buite die huis toegemaak en met hul rooi Bantam-bakkie gevlug.

Odendaal, met sy erg beseerde been en bloed wat oor hom stroom, het met ’n skaaphaak drie uur lank gestoei om die deur van binne oop te breek sodat hulle kon hulp ontbied.

“Dit was verskriklik. Ek weet nie waar my pa die krag vandaan gekry het om hulle te bevry nie.”

Odendaal is ’n oud-lid van die provinsiale regering (LPR) vir Harrismith en oud-direksielid van Drakensberg Koöperasie, asook Sentraboer. Hy was jare lank die voorsitter van die Rapportryers op Bethlehem.

Pinkie Craven, streek- en veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), sê die verrassingselement was baie sterk in dié aanval.

“Dit wys net weer mense moet paraat wees. Ons kan net weer sê dat mense by hul plaaslike boerevereniging moet inskakel. VL se landelike veiligheidsplan kan slegs werk as mense deel is daarvan,” sê hy.

    * Sers. Majang Mosupa, ’n polisiewoordvoerder, het gistermiddag laat gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand wat die Bantam-bakkie met die registrasienommer DHD 398bFS gewaar, kan die Bethlehem-polisie kontak.

volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: aanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Mnr sê... Zum, Zum, Zum is die bielie van die Bosveld. Zum, Zum, Zum die Bosveld Bul! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.