Oud-polisieman vas vir verkragting van dogter

2011-05-08 17:36
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ‘n Voormalige polisiebeampte is in Tzaneen in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy dogter ontvoer en verkrag het, het die polisie in Limpopo Sondag gesê.

“Die verdagte het na bewering Woensdag sy biologiese dogter in Tzaneen ontvoer en  die hele nag met haar in die motor gery deur Polokwane, Thohoyandou en Bolobedu. Hy het haar herhaaldelik in sy motor verkrag,” het brig. Hangwani Mulaudzi in ‘n verklaring gesê.

Hy was ook glo op soek na ‘n “giftige middel” om homself en sy 23-jarige dogter mee dood te maak. Hy het haar daarvan beskuldig dat sy vir mense vertel het dat hy haar seksueel mishandel het.

Sy het daarin geslaag om te ontsnap en die polisie in kennis te stel.

Die man mishandel sy dogter glo reeds sedert 2005, toe sy 17 was.

“Die kwessie is glo nooit aan die polisie gerapporteer nie omdat die familie probeer het om dit tuis uit te sorteer, sonder sukses. Die seksuele mishandeling het glo gelei tot die egpaar se egskeiding.”

Die man is in Bolobedu gevind, waar die polisie hom agtervolg en in hegtenis geneem het.

“Hy het met sy motor teen ‘n polisievoertuig vasgery. In die proses het die polisie hom in die been geskiet terwyl hulle probeer het om hom in hegtenis geneem.”

Die voormalige konstabel is onder polisiebewaking in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem.

Hy sal na verwagting Maandag in die landdroshof op Tzaneen verskyn.

- Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.