Oud-polisieman vas oor kinderporno
2011-08-15 10:02
Durban – Die polisie se elite-ondersoekeenheid, die Valke, het Maandag gesê misdadigers gebruik nou sosiale netwerke om kinderpornografie te versprei.
Die Valke het verlede week 'n oud-polisieman in hegtenis geneem nadat hy glo eksplisiete foto's van jong meisies aan Mxit-gebruikers gestuur het.
McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, het gesê die 28-jarige man is ná 'n wenk van Mxit-gebruikers in hegtenis geneem. Die ondersoek het sowat drie maande geduur.
"Die misdaad beweeg in die kuberruim met die res van die wêreld en misdadigers vind dit makliker om materiaal deur die internet te versprei."
Die man sal na verwagting Maandag in die Durban-landdroshof verskyn.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter