Oud-polisieman lewenslank tronk toe
2011-12-07 15:26
Durban – 'n Voormalige polisieman is lewenslank tronk toe gestuur nadat hy twee kollegas en 'n seun doodgeskiet het, het die polisie Woensdag gesê.
Die Mtunzini-hooggeregshof het konst. Judea Ntuli (28) Dinsdag gevonnis, het lt.kol. Vincent Mdunge gesê.
Ntuli het in openbare-orde polisiëring in Ulundi gewerk. Hy het die drie mense in Mei 2009 doodgeskiet.
"Hulle was by 'n bewusmakingsveldtog oor misdaad in Ulundi toe hy hulle geskiet het," het Mdunge gesê.
Speurkonst. Zephania Ntshayintshayi en lt.kol. Bongi Masemola is doodgeskiet.
Ntuli het toe na die Hoërskool Gqokamandla gehardloop nadat hy die polisiebeamptes doodgeskiet het.
"Hy het toe die 13-jarige Senzo Vilakazi uit sy klaskamer getrek en hom doodgeskiet."
Die motief vir die misdaad is nie bekend nie. Ntuli se poging om homself om die lewe te bring het misluk.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA