Oud-lyfwag van Zuma kry borgtog

2012-01-06 09:32
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ’n Gewese lyfwag van pres. Jacob Zuma en amptenaar van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is tans uit op borgtog van R30 000 nadat hy in Desember op aanklagte van korrupsie en bedrog in die Pretoria-streekhof verskyn het.

John Edward Maree (40) van Mamre, naby Atlantis, moet hom ingevolge sy borgtogvoorwaardes elke sewe dae by die Atlantis-landdroshof aanmeld.

Volgens inligting wat Die Burger ontvang het, het Maree homself vroeg in Desember aan die Valke in Gauteng oorgegee. Dit is onbekend wanneer hy een van Zuma se lyfwagte was.

Intussen toon die databank van korporatiewe eienaarskap (Cipro) dat Maree ’n direkteur is van Exclusive Access Trading, ’n maatskappy waarvan Duduzile Zuma, ’n dogter van pres. Zuma, ook ’n direkteur is.

Volgens Die Burger se bron het Maree die dag waarop hy in hegtenis geneem is verskeie oproepe na invloedryke mense in die Suid-Afrikaanse politieke wêreld gemaak om hulp te vra. Niemand was egter bereid om hul koppe vir hom uit te steek nie.

Maree en drie van sy voormalige kollegas by die NVG, sowel as die eienaar van Intense Protec­tion and Tourists Services cc, verskyn weer aanstaande maand in die Pretoria-streekhof in verband met die aanklagte van bedrog, berig Hanti Otto.

Hofstukke beskryf die vyf – Maree, Tebogo Sethabela, Walter Rhoode, John Joubert en Muziwandile Nala, die eienaar van Intense Protection and Tourists Services cc – as ’n tenderbedrogsindikaat.

Hulle het na bewering gesorg dat ’n NVG-tender van meer as R19 miljoen onregmatig in 2006 aan Nala se onderneming toegeken is. Daar is ten tyde van die mans se borgtogaansoek getuig dat die geraamde bedrog amper R25 miljoen beloop.

Maree, Joubert en Rhoode was al drie verbonde aan die NVG se veiligheids- en risikobestuurseenheid. Volgens lt.kol. Frans Kola, ondersoekbeampte van die Valke, het die NVG in 2006 ’n tender vir veiligheidsdienste by verskeie van hul geboue in die land geadverteer. Dit is aan Nala toegeken. Nala het glo ’n onbekende bedrag geld aan Rhoode betaal “vir die uitsluitlike doel om die komitee te beïnvloed”.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: john edward maree  |  korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.