'Oud-klofies se daad verg volwasse reaksie'

2010-08-29 11:24
Tweets Share Share line Print

Dit was ’n kinderagtige daad van drie seuns van ’n Pretoriase spogskool om ’n foto van twee gay liggaamsbouers te manipuleer sodat hul onderhoof daarin uitgebeeld word, maar dié daad het ’n volwasse reaksie nodig.

Dít was die betoog van Ann Skelton, namens die Restorative Justice Centre, Donderdag in die konstitusionele hof in Johannesburg.

Dié organisasie, ’n vriend van die hof in die aangeleentheid, het gevra dat die hof bepaal dat kinders wat van laster beskuldig word eers deur ’n bemiddelingsproses gaan om soort­gelyke hofsake te voorkom.

Dr. Louis Dey, oudonderhoof van die Hoërskool Waterkloof, het die drie seuns (nou oudleerlinge en nie meer minderjarig nie) vir meer as ’n halfmiljoen rand vergoeding gedagvaar wees laster.

Die hooggeregshof in Pretoria en die appèlhof in Bloemfontein het albei in sy guns beslis en gelas dat die seuns hom R45 000 vergoeding betaal. Dit is die eerste keer dat kinders van laster beskuldig word.

Hennie le Roux (toe 15) het in 2006 die foto gemanipuleer van die mans wat “oënskynlik masturbeer” deur die gesigte van Dey en die skoolhoof, dr. Christo Becker, daarop aan te bring. Die mans se geslagsdele is met die skoolwapen bedek.

Christian Gildenhuys en Reinhardt Janse van Rensburg (albei toe 17) het dit op die skool se kennisgewingbord geplaas.

Hulle het die konstitusionele hof gevra om die bevel tersyde te stel deur aan te voer dat hulle naïewe kinders was wat nie bedoel het om skade te berokken nie.

Adv. Anthony Stein, namens die Instituut vir Vryheid van Spraak, wat ook as vriend van die hof toegelaat is, het gesê hulle is bekommerd oor die implikasies wat dié saak kan hê.

Volgens hom moet die verskansing wat gewoonlik geld vir parodieë, satire en grappe soveel te meer op kinders van toepassing wees. Dít is omdat hulle “daagliks gesag uitdaag” en die “reg” het om waaghalsiger te wees wanneer hulle met uitdrukking eksperimenteer.

Stein het beklemtoon dit beteken nie kinders moenie gestraf word nie, maar dat hulle nie aanspreeklik behoort te wees in siviele gedinge van sake van dié aard nie.

Skelton het gesê die kinders moes reeds drie keer verantwoording doen vir hul dade. Die skool het hulle gestraf deur onder meer gemeenskapsdiens af te dwing. Daarby is hulle strafregtelik vervolg totdat hulle ’n afwentelingsprogram gedoen het én hulle moet die lastereis trotseer.

Volgens adv. Gilbert Marcus SC, namens die oudskoliere, het hulle “net ’n grap” gemaak. Volgens hom is dit “kinderlike humor”. Hy het gesê kinders maak gereeld rympies en dit is daarom nie vreemd dat kinders sal sê “Dey is gay” nie. “Op skool het ek die bynaam ‘Carcass’ gehad omdat dit rym met Marcus.”

“Die kwessie wat hom (Dey) hoofsaaklik gekrenk het, is dat hy as ’n gay man uitgebeeld is.”

Dey is getroud en het kinders.

Adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke het gesê “ons weet Dey is nie gay nie, want hy sê so”. Volgens hom was Dey ook gekrenk deurdat hy uitgebeeld is as iemand wat dié soort seksuele gedrag toon.

Dey se regspan voer aan die seuns was glad nie so onskuldig as wat hulle voorgee nie. Hulle het toegegee dat hulle nie dié “grap” op hul ouers sou toepas nie.

Een het gesê hy sou dit ook nie met sy predikant gedoen het nie, “want jy mors nie met die dominee nie”.

Op dié punt het regter Zak Yacoob gesê die eenvoudige rede hiervoor is miskien “dat hulle lief is vir hulle ouers, maar nie lief is vir (Dey) nie”.

Uitspraak is voorbehou.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.