Oud-jeugleier van Cope terug by ANC

2011-05-09 22:53
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die ANC het die voormalige Cope-jeugleier en -LP Anele Mda Maandag terugverwelkom tot dié party by ‘n mediakonferensie in Johannesburg.

Mda was vroeër ‘n lid van die ANC-Jeugliga se uitvoerende komitee. Sy het egter oorgeloop na Cope toe dié in 2008 van die ANC afgestig het.

Sy het in dié stadium gesê die Cope-stigters “het van die trein af gespring toe hulle gesien het dit gaan nie in die rigting waarvan hulle hou nie”.

In November van daardie jaar moes Cope verskoning vra nadat Mda President Jacob Zuma luidens berigte ‘n “verkragter” genoem het, al is hy vrygespreek van verkragting in 2006.

Sy het luidens berigte in die aanloop tot die algemene verkiesing gesê as die ANC, onder Zuma, weer die verkiesing wen, “verkragting nie meer ‘n misdaad sal wees nie”.

Sy is minder as ‘n jaar later in September geskors nadat sy luidens berigte Cope se adjunk-sekretaris-generaal, Deidre Cartera, ‘n “simpel, aangewese, wit b*tch” genoem het.

Die skorsing is egter twee maande later gelig toe sy om verskoning gevra het vir “enige vooroordeel wat my uitsprake kon veroorsaak het”.

By ‘n dissiplinêre verhoor het sy skuldig gepleit op aanklagte dat sy rassistiese, seksistiese en polities onverdraagsame opmerkings teenoor Carter gemaak het.

Zuma was teenwoordig by die aankondiging van Mda se terugkeer tot die ANC, maar het nie gepraat nie. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal, het die meeste van die praatwerk gedoen.

Mantashe het gesê die ANC nooi almal wat die party verlaat het om “terug te kom”.

Mda het haar besluit om tot die ANC terug te keer, verduidelik deur te sê Cope het geen politieke visie getoon nie.

“Ek is nou terug en ek is wyser,” het sy gesê. Sy is nog nie ‘n posisie binne die ANC aangebied nie.

- Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lees meer oor: anele mda

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 118,900.00

CHANA

Star 1.3 PU
2006
R 55,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi 5-dr
2005
R 209,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.