Oud-burgemeester poog selfmoord

2009-11-10 07:24
Tweets Share Share line Print

Marietie Louw-Carstens

Johannesburg - ’n Oud-burgemeester van Bela-Bela (Warmbad) het hom gister buite die plaaslike koerant se kantoor in sy motor aan die brand gesteek.

Younus Lorgat (47) was teen druktyd in ’n kritieke toestand in die Milpark-hospitaal in Johannesburg. Hy het homself vol petrol gegooi en aan die brand gesteek by die kantoor van Die Pos in dié vakansiedorp in Limpopo.

Lorgat was tot 2007 burgemeester voordat hy as speaker van die Waterberg-distriksmunisipaliteit aangestel is. Hy het omstreeks 09:00 sy Toyota Avensis in ’n parkeerterrein aan die agterkant van Die Pos se kantoor geparkeer.

Kapt. Johnny Thiyo, polisiewoordvoerder, het gesê Lorgat het petrol oor hom uitgegooi en toe ’n vuurhoutjie getrek.

Personeellede van Die Pos het ’n slag gehoor en toe “rookwolke in die lug gesien”. Hulle het uit die gebou gehardloop en met brandblussers die vlamme in die motor geblus. Hulle het ook die nooddienste gebel.

Trompie Jonker, eienaar van Tromar- private nooddienste, het gesê Lorgat het eerste-, tweede- en derdegraadse brandwonde opgedoen. “Meer as 65% van sy liggaam is gebrand. Ek ken hom al lank, maar het hom gister glad nie eens herken nie.”

Hy het gesê veral Lorgat se gesig, arms, bo-lyf en bene het verbrand. “Hy het geprewel... dit het geklink of hy gebid het,” het Jonker gesê.

Lorgat is na die St. Vincent- private hospitaal in Bela-Bela geneem. Dokters en paramedici het daar sowat twee uur lank gespook om hom gestabiliseer te kry. Van sy familielede is in dieselfde hospitaal vir skok behandel.

Tromar het hom daarna met ’n ambulans na die hospitaal in Johannesburg vervoer.

Thiyo het gesê die polisie ondersoek die voorval.

“Dit is glad nie duidelik wat veroorsaak het dat hy homself aan die brand steek nie,” het hy gesê.

- Beeld

 

Lees meer oor: bela-bela  |  selfmoord

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Sy's wit. Sy's 'n lid van BMF. Dus bewys dit jou bewering dat witmense nie by die BMF mag aansluit nie verkeerd. En jy weet dat as jy weer onbesonne leuens gaan verkondig, ek jou aan die kaak kan stel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.