Oud-amptenaar doodgeskiet vir DSTV
2009-11-08 14:49
Johannesburg - 'n Voormalige Kwazulu-Natalse regeringsamptenaar is op sy plaas naby Pietermaritzburg doodgeskiet vir 'n DSTV-dekodeerder, twee selfone en 'n videospeler, het die polisie Sondag gesê.
Twee gewapende mans het Warwick Antony Dornin (55) en sy vrou Saterdagaand rondom 20:00 op hul plaas Adamshurst voorgekeer, het dir. Phindile Radebe in 'n verklaring gesê.
Een van hulle het Dorning met 'n kopskoot doodgeskiet voor hulle met die elektroniese toerusting verdwyn het. Dorning se vrou is ongedeerd.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
'n Leë 9mm-magisyn is wel op die toneel gevind.
Dorning, 'n boer en dokter van beroep, was personeelhoof in die KwaZulu-Natalse premierskantoor en het in Julie afgetree.
"Die motief vir die aanval is onbekend, maar ons kan nie roof uitsluit nie," het Radebe gesê.
-Sapa