Oud-Bok kap Afriforum oor ‘kwotas’

2010-09-26 07:20
Tweets Share Share line Print

Rapport

Die oud-Springbokflank André Venter het die afgelope week sy stem dik gemaak en AfriForum se veldtog teen Absa as “ondeurdag” beskryf.

Dié gewese ysterman het sy mening kragtig gelug op die Facebook-groep Stop Absa Kwotas, wat deur AfriForum gestig is.

Venter het Saterdag aan Rapport gesê as jy in Suid-Afrika bly, is transformasie ’n werklikheid en almal moet daartoe verbind wees. Hy het ook gesê daar is baie groter kwessies in die land om te takel.

“Ons baklei ons dinges af om die Springbok-embleem te behou; dan kom AfriForum met so ’n veldtog. Wie wil ons hê moet ons eerder oor ontwikkeling en transformasie waarsku: iemand wat passievol is oor rugby, of moet dit van die regering se kant af kom?

“AfriForum plaas onnodig fokus op goed. Hulle is erger as die ANC-jeugliga. Hulle dink dis die enigste manier om die goed te hanteer as hulle kwessies aanblaas, maar dit kan net backfire.”

Venter het gesê niemand wil kwotas terug in rugby sien nie.

En sowel Absa as die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het die afgelope week wéér beaam Oregan Hoskins, Saru-president, se e-pos aan die unies en Louis von Zeuner, Absa se adjunk- uitvoerende hoof, se SMS aan Hoskins oor transformasie is geensins ’n oproep dat kwotas teruggebring word nie.

“Ons moet alle spelers ontwikkel,” het Venter gesê. “Daar is ’n groot verskil tussen transformasie en kwotas. Die een beteken om mense op te lei en hulle die geleentheid te gee, en die ander om mense in posisies te sit waarvoor hulle nie opgewasse is nie. Daar is genoeg spelers wat ­great is en die unies moet hulle ’n kans gee.”

Venter het gesê hy het saam met “uiterse goeie spelers” soos Breyton Paulse, Ashwin Willemse, Chester Williams en Tonderai Chavhanga gespeel.

“Hulle het mens nooit ooit gedrop nie. Wat wil AfriForum hierdeur bereik? Hulle veroorsaak net weer agterdog tussen mense.

Die ouens wat die lekkerste na die sokker en rugby in die sjebiens in Soweto gaan kyk het, wil nou hulle Absa-rekeninge sluit.

“Alles wat tóé opgebou is, word nou afgebreek. En wat sou AfriForum doen as die borg SAB was: Sou almal dan opgehou het om bier te drink?”

Hoskins het ook die afgelope week in ’n onderhoud aan iafrica. com gewaarsku dat indien daar nie oor transformasie gepraat word nie, rugby wéér op ’n ramp afstuur.

“Ons praat nie van kwotas nie. Ek het geensins kwotas opgehaal nie. Al wat ek gevra het, is hoekom is dit so dat daar groot getalle spelers van kleur is in die klein unies, maar hulle dring nie deur na die vyf grotes nie.

“As ons nie transformasie behoorlik, metodies, dinamies en regverdig doen nie, dan stuur ons af op ’n ramp. Dan stuur ons weer af op dinge soos ’n kwota-stelsel of wetgewing wat die regering wil inbring.”

Hoskins het gesê dit is deel van Saru se beleid om transformasie te takel en dit word jaarliks gedoen. “Dit is ’n proses en nie ’n eindpunt nie.”

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.