Oud-AWB-leier kry borgtog
2011-03-30 14:39
Kimberley – Die voormalige AWB-sekretaris-generaal André Visagie is op borgtog van R10 000 vrygelaat nadat hy vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem is.
Visagie se huis in Heuwelsig is Dinsdagaand deursoek en talle tuisgemaakte gewere en 'n 9mm-pistool is in sy besit gevind.
Die polisie het ook beslag gelê op selfone en skootrekenaars.
"Hy is borgtog van R10 000 toegestaan en sy saak is tot 20 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Hy word al 'n geruime tyd ondersoek," het Adv. Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, gesê.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA