Oud-ANC aktivis sterf
2010-03-12 21:06
Johannesburg - Fatima Meer, ’n jare lange vertroueling van oudpres. Nelson Mandela en oud-ANC aktivis, is dood.
Logie Naidoo, adjunkburgemeester van eThekwini-munisipaliteit en ook 'n familievriend, het Vrydagmiddag bevestig dat Meer oorlede is in 'n Durbanse hospitaal.
Meer is wyd gerespekteer vir haar rol in die struggle.
- Sapa