Ou spoorwegbrug in Jhb begin kraak
2011-08-17 10:03
Johannesburg – 'n Ou spoorwegbrug langs Smith- en Solomonstraat in Braamfontein het begin kraak en kan dalk meegee, het die Johannesburgse metropolisie Donderdag gesê.
Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê ingenieurs is ingeroep om die struktuur te ondersoek.
"Die metropolisie het Smithstraat in Braamfontein tussen Solomonstraat en die M1-hoofweg vir verkeer gesluit."
Motoriste wat na Fordsburg reis, moet Enoch Sontongaweg as alternatiewe roete gebruik.
Minnaar het gesê die ou stadsbrug wat daagliks deur duisende motoriste gebruik word, het Donderdagoggend begin kraak.
"Dit kan definitief meegee."
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA