Ou SA vlag by nuwe stadion verban

2010-03-01 15:42
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die ou Suid-Afrikaanse vlag is onder 'n lang lys items wat verbode is by die Kaapstad-stadion.

Dié vlag is op 'n lys verbode items wat by die ingange van die 68 000-sitplek stadion vertoon word.

Dit is net bo "baniere of vlae met inhoud was as seksisties, rassisties, vulgêr, diskriminerend of aanstootlik" kan wees.

Sambrele met punte, traangas, vuurwapens, ammunisie, messe en enige skerp of metaalvoorwerpe met 'n punt wat as 'n gevaarlike wapen beskou word, is ook verban.

Danny Jordaan, hoof van die reëlingskomitee, het gesê hy is onbewus van die verbod op die ou vlag en het nie geweet of dit by ander stadions dieselfde is nie.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, het gesê wat by sportsaamtrekke in ander lande gebeur het waar mense die ou vlag rondgeswaai het, het "bietjie van 'n verleentheid veroorsaak".

"Ons wil nie hê dieselfde verleentheid moet hier plaasvind nie," het hy gesê.

"Ons wil eerder aan mense sê die ou Suid-Afrikaanse vlag word nie meer as die nasionale vlag erken nie en ons wil nie hê mense moet onnodig die land of Kaapstad in die verleentheid stel nie," het Plato gesê.

"Laat ons liewer patrioties en soos goeie patriote van die land optree."

"As jy 'n Suid-Afrikaner is, hoekom wil jy 'n vlag bring wat nie meer die nasionale vlag is nie? Wat is jou motiewe daarvoor?"

Die ou vlag met sy blou, wit en oranje strepe word in sommige gebiede as 'n simbool van die apartheid-regime gesien en word deur sekere mense as hoogs aanstootlik beskou.

Dié vlag is in 1994 met die huidige vlag vervang. 

– Sapa

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: 2010  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
68 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andries sê... Die "probleem "kan/sal nie beskaafd opgelos word nie maar op die Afrika wyse. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.