Ottosdal-moordverdagtes soek borgtog
2011-05-25 16:56
Noordwes – Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle 'n boer van die Noordwes vermoor het, het aansoek gedoen om borgtog in die Ottosdal-landdroshof, het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) gesê.
Frank Lesenyego, woordvoerder van die NVG in die Noordwes, het gesê Thabo Matlhoko (25), Diphapanang Paul Kwa-Kwa (29) en Shadrack Thapelo Smith (29) het Dinsdag aansoek gedoen om borgtog.
Die saak is uitgestel vir 'n beslissing.
Die trio word daarvan beskuldig dat hulle Andre van der Merwe op 30 April op sy plaas vermoor het.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA