Ottosdal-moordsaak uitgestel
2011-05-10 18:59
Johannesburg - Die saak teen drie mans wat aangekla word van die moord op ‘n boer van Ottosdal is Dinsdag in die plaaslike landdroshof uitgestel, het die Nasionale Vervolgingsgesag gesê.
Thabo Matlhoko (25), Diphapanang Paul Kwa-Kwa (29) en Shadrack Thapelo Smith (29) sal weer op 24 Mei vir ‘n formele borgtogaansoek verskyn, het Frank Lesenyego, woordvoerder, gesê.
“Weens die erns van die saak sal hierdie ‘n skedule ses-borgtogaansoek wees en die staat sal borg teenstaan.”
Luidens skedule ses van die Kriminele Prosedurewet moet ‘n beskuldigde bewys dat buitengewone omstandighede bestaan voordat borgtog toegestaan kan word.
Die drie mans is op 30 April op ‘n plaas naby Ottosdal in hegtenis geneem nadat die boer André van der Merwe geskiet en agter ‘n bakkie aangesleep is.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA