Oswald Pirow-rylaan kry nuwe naam
2011-07-17 13:47
Kaapstad – Die Oswald Pirow-rylaan in Kaapstad se Foreshore-gebied, kry binnekort 'n nuwe naam, het die stad Kaapstad aangekondig.
Oswald Pirow-rylaan sal voortaan bekendstaan as Christiaan Barnard-rylaan.
Patricia De Lille, burgemeester van Kaapstad, het gesê 'n plein by die St. Georges-winkelsentrim sal na die Khoisan-leier Krotoa vernoem word.
Die eerste van 'n reeks naamsveranderinge in Kaapstad is Vrydag onthul toe Oostelike Boulevard na Nelson Mandela-boulevard herdoop is.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter