Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Oscar vertel van doods-dreigemente, skietery

2013-02-19 15:04
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het in 'n beëdigde verklaring gesê niks kan verder van die waarheid wees as die bewering dat hy Reeva Steenkamp vermoor het nie.

"Ek ontken die bewering ten sterkste. Niks kan verder van die waarheid wees nie," het die atleet gesê in 'n verklaring wat adv. Barry Roux, sy regsverteenwoordiger, in die hof voorgelees het.

Pistorius was betraand tydens die hofverrigtinge, maar toe die verklaring, gemerk "bewysstuk A", uitgehaal is, het hy onbeheerbaar begin huil.

Die ster-atleet het in die verklaring gesê Steenkamp het vir hom 'n Valentynsdaggeskenk gegee en dat hy nie "gelukkiger kon wees nie".

"Sy het vir my 'n geskenk vir Valentynsdag gegee en aan my gesê om dit die volgende dag oop te maak," lui die verklaring.

Op die vooraand van Valentynsdag sou Steenkamp met haar vriende uitgaan en Oscar met syne, maar hulle het besluit om 'n rustige ete by die huis te hê.

Pistorius het in sy verklaring gesê hy en Steenkamp het in die bed geklim en later aan die slaap geraak.

"Ek het voorheen doodsdreigemente ontvang," het hy verder gesê.

Pistorius het 'n 9 mm-vuurwapen onder sy bed gehad.

Hy het gesê hy kan sonder sy kunsbene rondbeweeg en loop.

Pistorius sê hy het in die nag 'n geluid in die badkamer gehoor en was "gevul met vrees en afgryse". Hy het iemand hoor sê "dit is pikdonker in die badkamer".

"Omdat ek nie my kunsbene aangehad het nie, was ek kwesbaar. Ek het 'n skoot na die toiletdeur gevuur en vir Reeva geskree om die polisie te bel.

"Ek het baie kwesbaar gevoel omdat ek nie my kunsbene aangehad het nie en ek geweet het ek moet myself en Reeva beskerm," lui die verklaring verder.

"Toe ek by die bed kom, het ek besef Reeva is nie in die bed nie."

Pistorius het gesê hy het probeer om die badkamerdeur oop te maak, maar dit was gesluit. Hy het toe na die balkon gegaan om vir hulp te roep.

Hy het daarna sy kunsbene aangesit, die badkamerdeur met 'n krieketkolf oopgebreek en 'n sleutel gekry om dit oop te sluit.
"Reeva was gebukkend, maar steeds lewend."

Hy het haar by die trappe afgedra om haar hospitaal toe te neem toe 'n dokter, wat in die kompleks woon, by die huis aangekom het.

"Sy het in my arms gesterf."

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
230 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Francois Blom sê... Ag hoor wat praat, jou onbenullige sot!!! As daar iemand is wat kan baat by 'les leer' is dit jy. As Legens, volgens jou, probeer beïndruk, is dit net omdat jy met jou bottomfeeder intelligensie nie die vermoeë het om by te hou nie want jou kop is te plat. Gaan weg, loop sny die gras of rand jou vrou aan, boelie. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.