Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Oscar oornag agter tralies

2013-02-14 15:10
Tweets Share Share line Print
Fotogalery - Tragedie by Oscar se huis
klik op klein foto bo om groter prentjie te sien
 

Kaapstad – Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius sal oornag in polisieaanhouding bly aangesien hy eers Vrydag in die hof sal verskyn.

Pistorius sal waarskynlik aangekla word van die moord op sy vriendin, wat vanoggend in sy huis in Pretoria doodgeskiet is.

Reeva Steenkamp, 'n model wat haar op Twitter uitgespreek het teen verkragting en geweld teen vroue, is vier keer in die vroeë oggendure geskiet in die huis in 'n gholflandgoed in Pretoria, het die polisie gesê.

Pistorius het die Boschkop-polisiestasie vroeg Donderdagmiddag saam met polisiebeamptes verlaat. Hy het 'n top met 'n kappie wat laag oor sy gesig is, aangehad.

Hy het afgekyk terwyl fotograwe foto's geneem het.

Die polisie identifiseer nie verdagtes voor hulle in die hof verskyn nie, maar brig. Denise Beukes, 'n polisiewoordvoerder, het bevestig dat Pistorius by sy huis was ten tye van Steenkamp se dood. Sy het gesê daar is "geen ander verdagte betrokke" nie.

"Ja, daar is getuies en daar was ook vanoggend onderhoude," het Beukes aan verslaggewers buite die gholflandgoed gesê.

"Ons praat oor bure en mense wat dinge gehoor het wat vroeër in die aand plaasgevind het."

Die polisie het aan die media bevestig dat daar voorheen bewerings van insidente "van 'n huishoudelike aard" by Pistorius se huis was. Dit is egter nie bekend of dit tussen hom en Reeva Steenkamp was nie.

"Ons is baie verbaas om die bewerings te hoor dat hy sy meisie vir 'n inbreker aangesien het," het die polisie vroeër gesê.

"Ons het berigte ontvang dat daar geskree was, maar niks is bevestig nie. Dit is deel van 'n ondersoek wat nog nie afgehandel is nie."

Beukes het gesê forensiese kenners is op die toneel en sal bepaal of daar gedwonge toegang was.

Pistorius het vroeër gevra om onmiddellik in die hof te verskyn, maar die hofrol was te vol vir Donderdag.

"Een van die redes hoekom ons borgtog teenstaan, sal bekend gemaak word wanneer hy in die hof verskyn," het Beukes gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa - AP

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
37 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Gert Jansen sê... En ek het gedog hulle is dan besig om Johannesburg the verbeter en regtemaak. Ek het dit gehoor op n program oor tv in Australia waar hulle dan klomp geld gaan spandeer om dit optegradeer. Dit is baie sad om dit the hoor hoe dit regtig agteruit gegaan het. En ek het gedink om terug te kom na SA dit klink nie vir my of dit lekker daar gaan nie. Hoe gaan dit in Kaapstad die moederstad is dit nog okay Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.