Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Oscar besoek skietbaan as hy nie kan slaap

2013-02-15 08:09
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius se klaarblyklike voorliefde vir vuurwapens het Vrydag oor die wêreld heen die aandag getrek, en veral 'n onderhoud wat hy met die New York Times se Michael Sokolove gehad het, is onder die vergrootglas.

Pistorius het na bewering Donderdag in die vroeë oggendure sy vriendin, Reeva Steenkamp, in sy huis doodgeskiet.

Sokolove het in ’n artikel onder die opskrif “The Fast Life of Oscar Pistorius” vertel hoe Pistorius hom destyds na ’n skietbaan geneem het, waar hy oor sy voorliefde vir vuurwapens gepraat het.

“Pistorius was ’n goeie afrigter. Ek het ’n paar kolskote gehad en dit het hom vreeslik opgewonde gemaak.”

In dié stuk vertel Sokolove ook hoe Pistorius een aand dadelik na 'n vuurwapen gegryp het toe 'n alarm in sy huis afgegaan het.

Pistorius het ook aan dié verslaggewer gesê hy besoek 'n skietbaan as hy nie kan slaap nie. 

“Ek is in die bed om en by agtuur, en ek klim nie uit die bed voor sewe nie,” het hy gesê. “Maar ek slaap net die helfte van die tyd.”

Later in die onderhoud het Sokolove hom gevra of hy dikwels sy plaaslike skietbaan besoek.

"Net partykeer, wanneer ek nie kan slaap nie," het hy geantwoord.

'n Artikel in die Daily Mail, wat geskryf is deur die joernalis Jonathan McEvoy, het onder die opskrif “Inside Oscar’s bedroom: One cricket bat, baseball bat, revolver and machine gun” vertel hoe Pistorius 'n pistool en masjiengeweer langs sy bed bêre.

Pistorius is in aanhouding, en sal later Vrydag na verwagting in die Pretoria-landdroshof verskyn.

– Volg Nuus24 op Twitter.

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Trippie Trip sê... Baie sterkte vir 'n spoedige herstel word jou toegewens ! Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.