Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Oscar: Vriendin se familie 'verpletter'

2013-02-14 10:23
Tweets Share Share line Print

Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp by Melrose Arch, Johannesburg. (Lucky Nxumalo, City Press)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou stories

Pretoria – Die vrou wat in die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius se huis doodgeskiet is, is geïdentifiseer as die model Reeva Steenkamp, het Beeld en City Press berig.

'n Vriend na aan die familie het Donderdagoggend aan City Press bevestig dat dit Steenkamp is wat in Pistorius se huis dood is, en gesê die familie is “verpletter”.

Pistorius word deur die polisie ondervra ná die voorval wat omstreeks 04:00 Donderdagoggend by sy huis in die ooste van Pretoria plaasgevind het. Beeld het vroeër berig dat hy na wat verneem word "erg geskok" is oor die gebeure.

Kate Silvers, Pistorius se skakelbeampte in Londen, het gesê sy wil nie in hierdie stadium kommentaar lewer nie.

"Ons sal moontlik later 'n verklaring uitreik," het sy gesê.

Peet van Zyl, Pistorius se bestuurder, en Ampie Louw, die Pretorianer se afrigter, kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

Foto’s van Pistorius en sy vriendin het Sondag in die Sunday Times verskyn. Sy het Pistorius beskryf as 'n onberispelike man wat altyd haar belange op die hart dra.

"Paramedici het die vrou op die toneel dood verklaar en die polisie het voortgegaan met hul ondersoek. Die vrou is in haar kop en bolyf gewond," het lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, gesê.

Die 30-jarige vrou is op die toneel dood en die polisie het beslag gelê op 'n 9mm-vuurwapen.

Mogale, wat nie wou bevestig dat dit Pistorius is nie, het gesê 'n 26-jarige man is in aanhouding en 'n saak van moord word ondersoek.

Pistorius het Steenkamp glo as 'n inbreker aangesien.

Kalay Maistry, 'n Suid-Afrikaanse joernalis, het aan Sky News gesê Pistorius se vriendin het hom glo probeer verras vir Valentynsdag.

"Ek dink dit benadruk die vrees wat gewone Suid-Afrikaners ervaar.

"Dit is 'n man wat gaan slaap het, dit is 'n onskuldige verrassing van 'n meisie... en die oomblik wat hy dink iemand probeer inbreek, gryp hy sy vuurwapen."

– Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: oscar pistorius
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
73 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Kleintjie Lombard sê... Bring die doodstraf terug en sluit die grense vir die miljoene wat instroom vir n beter land om te kan roof verkrag en moor Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.