Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Oscar: Beampte aangekla oor 'dronk skietery'

2013-02-21 07:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die ondersoekbeampte in die Oscar Pistorius-moordsaak word deur sewe aanklagte van poging tot moord in die gesig gestaar, berig Eyewitness News.

Die aanklagte hou verband met 'n skietvoorval wat plaasgevind het terwyl drie polisiebeamptes, insluitend Botha, na bewering dronk was.

Ten spyte hiervan, beplan die polisiebestuur om hom op die hoë-profiel Pistorius-ondersoek te hou.

Botha, wat die polisie-ondersoek lei na die skietery wat op Valentynsdag in Pistorius se huis plaasgevind het, en die twee ander beamptes sal in Mei in die hof verskyn.

Die drie beamptes was na bewering dronk toe hulle 'n staatsvoertuig bestuur en op 'n taxi met passasiers losgebrand het. Hulle is in 2011 in hegtenis geneem.

Die polisie het bevestig dat Botha in verband met die skietery in hegtenis geneem is. Die aanklagte is aanvanklik laat vaar, maar is intussen weer heropen.

"Die kantoor van die direkteur van openbare vervolgings het besluit om sewe aanklagte van poging tot moord teen die beamptes te bring. Dit was die getal mense wat in die taxi was," het Neville Malila, polisiewoordvoerder, gesê.

Malila het gesê Botha is gekies om die Pistorius-saak te hanteer omdat hy 'n gesoute speurder is en dat daar geen planne is om hom van die ondersoek te onttrek nie.

Pistorius word daarvan beskuldig dat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag in sy huis doodgeskiet het. Sy borgtogaansoek sal Donderdag 'n derde dag betree wanneer slotbetoë vir en teen borgtog aangehoor word.

Die hofverrigtinge begin 11:00.

– Lees meer hier

– Volg Nuus24 op Twitter
 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
135 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Richard Alberts sê... Ag siestog, hulle probeer so hard. As daar 'n deursnee gemiddelde ouderdom moet bepaal word, dan is die gemiddeld waarskynlik 63 jaar. Die domastrante klomp besef nie dat ons ekonomie, sosiale lewe ensovoorts ineengeweef is nie. Die klomp het nie eers 'n infrastruktuur nie. Hoekom is sommige Afrikaners so agterstevoor? My Engelse vriendin vra nou die dag "what is it with these right wing Afrikaners?" sies ek skaam my! Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Van Reenen - 13:11 PM
    Road name: N3 Northbound
    ACCIDENT 3kms north of the Pyramids Hotel on Van Reenens Pass - expect delays
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.