Opslae verwag oor onteiening
2009-11-23 13:15
Die hof sal ingevolge nuwe grondbeleid die laaste sê hê oor die prys van eiendom wat onteien word.
’n Bepaling dat dié vergoeding geen wins vir die grondeienaar in die sak mag bring nie, gaan waarskynlik opslae in landboukringe veroorsaak.
Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het egter ’n mandaat om by onderhandelinge oor ’n prys betrokke te raak met die oog op ’n ooreenkoms wat kan keer dat die saak in die hof beland.
Dié is van die voorstelle wat in ’n Witskrif oor Grondbeleid vir die Regering se omvattende Landelike ontwikkelingsprogram (CRDP) vervat is. Daarin word voorbrand vir onteiening gemaak. Dit is nie seker of dit die gewraakte Onteieningswet in geheel gaan vervang wat verlede jaar weens erge teenkanting onttrek is nie.
Kliek hier vir meer