Opsigters wat hond begrawe se saak uitgestel
2011-11-25 23:00
Kaapstad – Die saak teen twee opsigters wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n hond lewend begrawe het, is deur die Khayelitsha-landdroshof uitgestel.
Poto Mfengu en Mkhumbuzi Ncedana moet 13
Januarie weer in die hof verskyn om verhoor te word.
Die opsigters het klaarblyklik die hond in
Oktober op Luhlaza Hoërskool se sportveld begrawe.
‘n Vrou wat in die skoolkombuis werk het die
voorval aangemeld kort nadat dit plaasgevind het.
Die hond is 30 minute nadat hulle hom begrawe het uit ‘n gat wat 1.5 m diep was,
gered.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA