Opsigter vas vir verkragting by skool
2010-11-10 11:00
Johannesburg – ‘n 48-jarige skoolopsigter is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n elfjarige meisie by ‘n skool in Katlehong, oos van Johannesburg, verkrag het, het polisie Woensdag gesê.
Volgens kapt. Mega Ndobe is die meisie by die skool verkrag.
Die meisie het Maandag die voorval by ‘n onderwyser aangemeld.
Volgens Ndobe het die onderwyser die meisie na haar ouma geneem.
Die meisie is daarna hospitaal toe geneem waar ‘n dokter bevestig het dat die meisie verkrag is.
Die beweerde verkragting het by ‘n primêre skool gebeur. Volgens Ndobe is dit nie duidelik by watter skool die voorval plaasgevind het nie.
Die saak is Dinsdag by die polisie aangemeld en die verdagte, ‘n 48-jarige skoolopsigter, is dieselfde dat in hegtenis geneem.
Hy sal Woensdag na verwagting in die Germiston-landdroshof verskyn, het Ndobe gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA