Oproerige inwoners raak gewelddadig
2010-03-15 11:44
Johannesburg – Inwoners van Rabie Ridge naby Tembisa het paaie met brandende bande en klippe weens hul ongelukkigheid oor behuising versper, het die plaaslike polisie gesê.
Sers. Tsholofelo Madumo het gesê sowat 3 000 inwoners van Rabie Ridge, Kanana en Phomolong het omstreeks 03:00 Maandagoggend beide Mayibuye- en Rebuliekstraat versper uit protes weens die tekort aan laekoste-behuising.
"Hulle soek huise," het sy gesê.'
Die polisie het die situasie vir 'n geruime tyd gemonitor.
Sowat 42 oproeriges is egter in hegtenis geneem nadat die betoging hand uit begin ruk het.
Madumo het gesê die skare het ongehoorsaam begin raak en die polisievoertuie met klippe bestook.
Skade is aan sommige voertuie gerig.
“Die polisie was genoodsaak om rubberkoeëls te skiet om die skare in bedwang te bring. Sowat 32 mans en 10 vrouens is weens publieke geweld in hegtenis geneem,” het sy gesê.
-Sapa