Oprah-program lei tot Moodley-aansoek

2012-01-27 08:06
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Oprah-program op TV het hom laat besef hy kan sy onskuld bewys, het die moordenaar van Leigh Matthews Donderdag in die hooggeregshof in Johannesburg gesê.

“Op die program het baie mense vertel hoe hulle ook skuld beken het nadat valse bewyse aan hulle voorgelê is ... Die wêreld is vol stories van mense wat ná jare onskuldig bewys word,” het Donovan Moodley (31) in sy aansoek om herverhoor aangevoer.

Hy is in 2005 skuldig bevind aan Matthews se moord en menseroof en die afpersing van haar pa, Rob.

Hy het oorspronklik skuld beken, maar beweer nou hy het toe gelieg omdat brig. Piet Byleveld, ondersoekbeampte in die saak, hom gedwing het om ’n bekentenis af te lê en hy “daardie tyd enigiets sou sê”.

Dit was volgens hom omdat die staat bewyse so gedokter het sodat niemand die ware storie sou hoor nie.

Die waarheid is volgens Moodley dat drie dwelmsmouse hom gedreig het om by die ontvoering betrokke te raak en dat hy moes toekyk hoe een van hulle, net bekend as Jemba, haar doodskiet.

“Die rede waarom daar geen bewyse van ’n Frank, Alli en Jemba is nie, is omdat hulle (die polisie) geen tyd daaraan bestee het om hulle te vind nie,” het Moodley gesê.

Hy het Donderdag punt vir punt deur bewysstukke in die dossier gewerk wat volgens hom bewys hy is onregmatig vervolg.

Volgens hom het mnr. Matthews sy verklaring onder Byleveld se invloed verander en is ander bewysstukke, soos ’n loterykaartjie met sy vingerafdrukke op wat in me. Matthews se motor gevind is, daar geplant.

Mnr. Matthews en sy vrou, Sharon, asook hul vriende wat die verrigtinge Donderdagoggend bygewoon het, het nie ná middagete teruggekeer om verder na Moodley se argumente te luister nie. Moodley se ouers, Mary en Stephen, het gebly.

Regter Joop Labuschagne se versoeke aan Moodley om nie alles in die dokumente te herhaal nie, het hom nie van stryk gebring nie.

Adv. Zaais van Zyl het vroeër aangevoer Moodley se argumente dra geen waarde nie en sy aansoek moet ook van die hand gewys word omdat dit jare te laat is.

Uitspraak word volgende week gelewer.

Volg Nuus24 op Twitter

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.