Opposisieleiers en Zuma byeen oor kwessies

2011-06-04 07:15
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Populistiese en rassistiese uitlatings deur onder andere Julius Malema, ANC-jeugligaleier, in aanloop tot die munisipale verkiesing was hoog op die agenda toe pres. Jacob Zuma gister met politieke leiers in Tuynhuys vergader het.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, het ná die vergadering van twee uur gesê Zuma het eers ’n paar sake aangeroer, waarna opposisieleiers ook kwessies kon opper.

Volgens Mulder het hy verwys na Malema se uitlating dat “alle wit mense misdadigers is” en dié van ander leiers dat net ANC-lede hemel toe gaan.

“Dit is gevaarlik en polariseer die land net verder. Dit het dalk korttermyn-voordele vir ’n verkiesing, maar ons moet op die lang termyn fokus.”

Volgens hom het Zuma in reaksie die skeiding tussen sy rol as staatshoof en dié van ANC-leier beklemtoon. Zuma het aangedui hy het op gister se vergadering as president van die land opgetree. Hy het ooreengekom om die boodskap aan die ANC-leierskorps oor te dra.

Mulder het die vergadering as sinvol bestempel en gesê dit is in die belang van die demokrasie om ’n tweerigting-gesprek te hê.

Volgens Letlapa Mphahlele van die PAC is hulle ook oor die situasie in Libië en die Ivoorkus ingelig.

“Die president het gesê toe hulle die Veiligheidsraad se resolusie oor Libië gesteun het, was hulle onder die indruk dit is bloot om die Libiese weermag te verlam.

“Tot Suid-Afrika se skok is die resolusie deur Westerse magte misbruik om eerder kol. Moeammar Ghaddafi te probeer doodmaak.”

Oor die oorskot van die ontslape vryskutfotograaf Anton Hammerl wat in Libië doodgeskiet is, het Zuma gesê niemand is seker waar die oorskot is nie.

“Die ambassade gee aandag daaraan. Hulle soek na DNS en het ’n onderneming aan die familie gegee dat die soektog voortgaan. Logisties is dit nie so maklik nie,” het Mulder verduidelik.

Cherryllyn Dudley van die ACDP, mnr. Jeff Radebe, minister van justisie, en Ben Skosana van die IVP was ook teenwoordig.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.