Opposisie meen SA is vandag '’n baie beter plek'

2011-11-11 09:06
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Opposisiepartye meen met Julius Malema uit die pad is Suid-Afrika vandag “’n baie beter plek” en kan die land se internasionale beeld en rasseverhoudinge herstel word.

Kommentators het egter water op die vreugdesvure gegooi en gemaan dit is nie noodwendig die einde van dié geskorste ANC-jeugleier nie.

Ook die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) het gewaarsku “nuwe Malemas” sal na vore tree solank as wat die helfte van die jeug werkloos is en skreiende ongelykheid heers.

“Malema is ’n produk van sy omstandighede. Die ongelykhede waarmee Suid-Afrika sit, sal altyd ’n teelaarde vir politieke radikalisme wees. Dit sal dus ’n fout wees om Malema se skorsing as die einde van dié radikalisme te vertolk,” het Catherine Schulze van die SAIRV gesê.

Volgens haar is die ANC se nasionale tugkomitee se besluit om Malema vir vyf jaar uit die regerende party te skors “ongewoon fel” en was dit waarskynlik die enigste uitweg om sy opgang in die party te stuit.

Aubrey Matshiqi, politieke ontleder, het gesê dit is te vroeg om Malema se einde te voorspel en dat sy skorsing sal toets hoe groot sy ondersteuning binne die ANC werklik is. “Die vraag is of hulle (Malema se ondersteuners) bereid is om hul politieke loopbane vir hom op die spel te plaas.”

Prof. André Duvenhage, politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit, het voorspel daar wag ’n jaar van “hoogdrama en spanning” binne die ANC.

“Daar is bloedverlies by Malema, maar ons het nog nie die einde van die magspel gesien nie. Dit is nie skaakmat nie.”

Die vakverbond Cosatu het net in ’n kort verklaring gesê hy neem kennis van die sanksies teen Malema en sy medeleiers in die ANC-jeugliga.

Intussen het dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, aangevoer Suid-Afrika is ’n baie beter plek omdat die ANC “uiteindelik die moed gehad het” om Malema van die politieke terrein te verwyder. Mulder en Velapi Ndlovu, IVP-LP, meen die jeugleier het die land se internasionale beeld skade berokken.

“Met sy uitlatings oor nasionalisering het hy buitelandse beleggers afgeskrik, terwyl sy rasse-sienings verhoudinge vertroebel het,” het Mulder gesê.

Die burgerregte-organisasie AfriForum stem saam Malema se afwesigheid kan ’n gulde geleentheid bied om gemeenskapsverhoudinge te “normaliseer”.

Die kantoor van pres. Ian Khama van Botswana wou Donderdag nie kommentaar lewer nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: julius malema  |  ancyl  |  anc  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.