Oppasser ontvoer glo baba in Pretoria
2012-02-06 10:00
Kaapstad – 'n Ses maande oue baba is vermoedelik uit sy huis in Hestia Park in Pretoria deur sy oppasser ontvoer.
Die polisie kon nie Maandag dié ontvoering bevestig nie, maar die kind se ma is aangemoedig om die saak by die polisie aan te meld, het Eyewitness News berig.
Die baba se ma, Mita Marobe, het Talk Radio 702 Maandagoggend uit desperaatheid gebel om te sê haar ses maande oue baba en die kinderoppasser, Kgosietsile, is vermis.
’n Paar duisend rand, haar selfoon en die huis se sleutels is ook vermis.
Marobe sê sekuriteitswagte in die omgewing het aan haar gesê hulle het die kinderoppasser omstreeks 05:00 met die baba gesien.
Die oppasser eis 'n losprys van R45 000.
– Lees die volledige storie hier.
– Volg Nuus24 op Twitter