Operasie moet wag vir sokker

2010-06-02 06:33
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Staatspasiënte op die Steve Biko- Akademiese hospitaal se waglys vir beplande operasies sal tydens WB 2010 moet terugstaan sodat hospitaalbeddens oopgehou kan word vir noodgevalle in Pretoria.

Dit het ’n 51-jarige Pretoriase vrou gehoor die dag voordat sy by dié hospitaal sou aanmeld vir ’n operasie om ’n breuk te laat herstel.

Me. Cathy van Heerden van Pretoria-Noord het gister gesê sy het erge pyn en ongemak.

“In Februarie het hulle gesê ek moet 13 April opgeneem word. Daar was nie beddens nie en ek is aangesê om gister terug te keer.

Die dokter het my (eergister) gebel en gesê ek moenie inkom nie, want hulle moet beddens oophou vir die sokker.”

Van Heerden het in Januarie 2005 ’n histerektomie gehad.

Die wond het erg septies geword en bykans ’n jaar geneem om te genees.

“Daar is nou ’n breuk oor feitlik my hele buik en dit voel of net vel my ingewande inhou. Soms kan ek die derms voel. Dan druk ek dit maar terug.”

Haar dokter het glo gesê sy sal ’n groot operasie moet kry sodat haar ingewande met gaas in posisie geplaas kan word.

“Hoekom moet ons gewone landsburgers terugstaan vir die sokker? Ons het mos ’n reg op gesondheidsorg.”

Fredah Kobo, hospitaalwoordvoerder, het aan Beeld gesê die kwessie is moontlik verkeerd aan pasiënte gekommunikeer.

“Ons hospitaal is toegewys om P1-gevalle (ernstige noodgevalle) tydens die toernooi te ontvang.

“Dokters is gevra om elektiewe (beplande, nie-noodsaaklike) operasies tussen 1 Junie en 12 Julie te beperk.”

Mandla Sidu, woordvoerder van die Gautengse gesondheidsdepartement, het benadruk dokters moet hul diskresie gebruik.

“Die besluite behoort nie ’n pasiënt te benadeel nie.”

Dr. Trevor Fisher, uitvoerende hoof van die Dr. George Mukhari-hospitaal in GaRankuwa, het gesê dié hospitaal gaan nie elektiewe chirurgie beperk tensy daar ’n noodgeval is nie.

Dr. George Mukhari sal help om pasiënte oor te neem by Steve Biko indien byvoorbeeld ’n groot ramp, soos ’n bomontploffing of busramp, gebeur.

Steve Biko moet volgens Fisher beskikbaar bly omdat dit naby die Loftus Versfeld-stadion is.
Fidel Hadebe van die nasionale departement van gesondheid het gesê die bewering dat daar ’n formele ooreenkoms met Fifa is om die land se hospitale halfleeg te hou is onwaar.

– Beeld


Volg Beeld op Twitter
 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Mnr sê... Zum, Zum, Zum is die bielie van die Bosveld. Zum, Zum, Zum die Bosveld Bul! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Beauty Sales Consultants Wanted

Hyde Park, Sandton 2196, South Africa
UDM International (Pty) Ltd
R8000 - R26000

Manager Human Capital Tax (Expatriate tax)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.