Openbare Beskermer ondersoek Shiceka
2011-06-15 10:27
Johannesburg – Die Openbare Beskermer het die ondersoek na Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, se beweerde misbruik van staatsgeld, berig The Times.
"Die president sal gelei word deur die Openbare Beskermer se verslag. Hy sal sy besluit bekend maak wanneer die ondersoek afgehandel is," het Zizi Kodwa, presidensiële woordvoerder, gesê.
Kgalalelo Masibi, woordvoerder van die OB, het gesê die ondersoek is weens Shiceka se versoeke om uitstel vertraag.
"Die Openbare Beskermer evalueer die terugvoer en verwerk die ondersoek."
Masibi kon egter nie sê wanneer die OB die ondersoek sal voltooi nie.
Shiceka het na bewering belastingbetalers se geld op luukse hotelle en eersteklas vliegkaartjies spandeer toe hy 'n minnares in 'n Switserse tronk besoek het.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA