Oos-Kaapse skole hof toe oor ‘staat hulle faal’

2010-10-24 13:43
Tweets Share Share line Print

Hulle is “deur die regering in die steek gelaat”.

So voel onderwysers en leerlinge aan sewe Oos-Kaapse laerskole luidens hofstukke.

Die meeste van die klaskamers by dié skole naby Mthatha in die voormalige Transkei bestaan uit gehawende moddergeboue, dikwels deur die gemeenskap self gebou.

Ná talle vrugtelose versoeke en briewe en leë beloftes van owerheidskant, het die skole hulle nou tot die hooggeregshof in Bisho gewend.

Hul infrastruktuur-krisiskomitees tesame met die Universiteit van Pretoria se sentrum vir kinderreg vra die hof om die provinsiale en nasionale onderwysdepartemente se gebrek aan optrede as ongrondwetlik en onwettig te verklaar.

Hulle vra ook dat die hof die departemente opdrag moet gee om in oorleg met skole planne te ontwikkel vir behoorlike skoolgeriewe en om te sorg dat daar genoeg lessenaars en stoele is.

Die skole en die sentrum, wat deur die menseregteorganisasie Legal Resources Centre verteenwoordig word, het ook die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit by die saak betrek omdat hulle nie lopende water het nie.

Dr. Ann Skelton, direkteur van die sentrum, sê in hofstukke die situasie by die skole is “waarlik ontstellend”.

Sy sê skole gebruik tenks om reënwater op te vang, maar in die droë maande moet kinders ver loop om water te gaan haal in riviere waarvan die water nie noodwendig skoon is nie.

By van die skole is die beste geboue die puttoilette wat omskep is in klaskamers. Dit dien ook as die hoof se kantoor of word as ’n pakplek ingespan.

’n Gebrek aan vensters en gate in mure en dakke laat die wind op koue dae deur die klaskamers sny.

Op reënerige dae daag groot getalle kinders net glad nie op nie.

Bhitini Vula, lid van die krisiskomitee van die Madwaleni Senior Primary School, sê in hofstukke op warm dae raak die oorvol klaskamers so onaangenaam dat lesse eerder buite gegee word.

Benewens die probleme met geboue, het die skole ook ’n kritieke tekort aan lessenaars en stoele.

Mbopheni Sikiti van die Nomandla Senior Primary School se krisiskomitee sê in sy verklaring dié skool se lessenaars bied net plek vir 113 van die 323 leerlinge en daar is slegs 43 stoele.

Sommige leerlinge bring ou plastiekstoele, bierkratte of bakstene om op te sit, terwyl ander bloot bly staan of op die vloer sit tydens lesse.

“Die gebrek aan stoele vir leerlinge lei tot bakleiery en argumente onder leerlinge?…”

Volgens Sikiti is sowel leerlinge as onderwysers baie moedeloos met die omstandighede. Hulle voel hulle is deur die regering in die steek gelaat.”

Dr. Wilmot James, DA-skaduminister van basiese onderwys, het die Nomandla Senior Primary School verlede week besoek.

Ouers, van wie die meeste arm is, het aan James gesê die onderwysers werk hard en die hoof is toegewyd.

“Maar hulle wonder waarom die onderwysdepartement nie vir hulle omgee nie.”

Hy sê die saak is van nasionale belang.

Dit kan dalk in die konstitusionale hof eindig sodat die kriteria bepaal kan word waaraan die staat moet voldoen om die reg op onderwys te laat realiseer.

Die staat staan die saak teen en het tot Donderdag tyd om hofstukke in te dien.

Lees meer oor: oos-kaap  |  skole  |  staat  |  hof

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.