Oos-Kaapse ouma verkrag
2010-07-12 09:05
Johannesburg – ‘n 85-jarige ouma is Sondagaand in haar huis in Ncambele naby Mthatha verkrag, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
“Na bewering het ‘n onbekende man met ‘n mes in die huis ingestorm en die bejaarde vrou verkrag,” het lt. kol. Mzuksi Fatyela, polisiewoordvoerder, gesê.
Nadat die verdagte die vrou verkrag het, het hy op die vlug geslaan.
Die slagoffer is na die hospitaal geneem vir mediese behandeling.
“Ons is steeds op soek na die man,” het Fatyela gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA