Oos-Kaapse munisipaliteite onder oog
2009-08-05 17:08
Johannesburg - Daar wag 'n volledige evaluering op die Oos-Kaapse Munisipaliteite met die doel om dienslewering op te skerp.
“Dit is nodig om die kapasiteit van die munisipaliteite te versterk sodat sake meer doeltreffend op die tuisfront uitgevoer sal word,” het die departement van samewerkende regering en tradisionele sake Woensdag gesê.
Dié inisiatief, wat Woensdag van stapel gestuur is, se dryfkrag lê agter die waardesisteem wat mensgeoriënteerd is en gebaseer word op die “Batho Pele” beginsels.
“Daarom is dit belangrik vir die departement om sy verbruikers vooraf te raadpleeg en sodoende op die kwaliteit van ons dienste en keuses te fokus,” het hulle gesê.
Die departement het gesê hulle beplan om met die munisipaliteite in die provinsie te vergader voor hulle met ‘n strategiese plan vorendag kom.
Hulle sal spanne na die onderskeie munisipaliteite deurstuur.
- Sapa