Oos-Kaapse man in slaap aangeval
2010-09-20 19:36
Kaapstad – ‘n 33-jarige man van Addo is verskeie kere deur ‘n inbreker oor die kop geslaan terwyl hy geslaap het, het die polisie in die Oos-Kaap Maandag gesê.
“Die slagoffer het omstreeks 06:10 wakker geword en gesien dat sy kop bloei,” het ao. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, gesê.
“Die man is verskeie kere met ‘n voorwerp oor die kop geslaan terwyl hy geslaap het.”
Na bewering was verskeie items, insluitende ‘n selfoon en rekenaar, uit die huis gesteel. Die slagoffer is na die hospitaal gehaas waar hy verdere mediese behandeling ontvang het.
Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA